Blue Lagoon UV-C Timer 40.000 Manual De Instrucciones página 57

Tabla de contenido

Publicidad

Idiomas disponibles
  • MX

Idiomas disponibles

  • MEXICANO, página 19
- "rSt" beteken herset (reset): hiermee set jy die tellerposisie terug na die fabrieksinstelling van 4500 uur.
Hierdie seleksie word bevestig deurdat die tellerposisie en "rSt" in die vertoonskerm afwisselend knipper. As u die skakelaar(R) 5 sekondes
lank ingedruk hou, waarna die tellerposisie 4500 weergegee word, en vervolgens loslaat, begin die uurteller terug te tel vanaf die waarde
4500 uur. Hierdie keuse gebruik u wanneer u byvoorbeeld die lamp vervang het of wanneer u die tellerposisie self gewysig het en dit weer
terug na die fabrieksinstellings wil herset.
- "UP" beteken op (up): hiermee kan die tellerposisie verhoog word na die deur u gewenste uurposisie.
Hierdie seleksie word bevestig deurdat die gekose gebruikersinstelling "UP" en die tellerposisie in die vertoonskerm afwisselend knipper. U
moet daarna die skakelaar (R) 5 sekondes lank indruk. Op die vertoonskerm bly na 5 sekondes alleen nog "UP" in beeld staan. U moet dan die
skakelaar loslaat.
Deur die skakelaar vir 'n kort ruk in te druk, kan die tellerwaarde vanaf 4500 in stappe van 500 uur verhoog word tot 'n maksimum waarde
van 9999. Die verhoogde waarde knipper afwisselend met "UP" op die vertoonskerm.
Indien u die gewenste uurposisie geselekteer het, wag u 10 sekondes. Na 10 sekondes spring die geselekteerde uurposisie in beeld en die
terugtel van die tydreëlaar het begin.
Indien u tydens die verhoging van die tellerposisie byvoorbeeld 'n vergissing begaan, kan u die teller weer terug set na 4500 deur die
skakelaar 5 sekondes lank in te druk. Die tellerwaarde is herset na 4500 en 'n nuwe waarde kan ingestel word.
- "dn" beteken af (down): hiermee kan die tellerposisie verlaag word na die deur u gewenste uurposisie.
Hierdie seleksie word bevestig deurdat die gekose gebruikersinstelling "dn" en die tellerposisie op die vertoonskerm afwisselend knipper. U
moet daarna die skakelaar (R) 5 sekondes lank ingedruk hou. Op die vertoonskerm bly na 5 sekondes alleen nog "dn" in beeld staan. U moet
dan die skakelaar loslaat.
Deur die skakelaar vir 'n kort ruk in te druk, kan die tellerwaarde vanaf 4500 in stappe van 500 uur verlaag word tot 'n minimale waarde van
0000. Die verlaagde waarde knipper afwisselend met "dn" op die vertoonskerm.
Indien u die gewenste uurposisie geselekteer het, wag u 10 sekondes. Na 10 sekondes spring die geselekteerde uurposisie in beeld en die
terugtel van die tydreëlaar het begin.
Indien u tydens die verlaging van die tellerposisie byvoorbeeld 'n vergissing begaan, kan u die teller weer terug set na 4500 deur die
skakelaar 5 sekondes lank in te druk. Die tellerwaarde is herset na 4500 en 'n nuwe waarde kan ingestel word.
Die uurteller waarsku u op die volgende manier dat die lamp moet vervang word:
- Vanaf uurposisie 0672; vertoonskerm knipper elke sekonde. Die lamp behoort oor 4 weke vervang te word.
- Vanaf uurposisie 0336; vertoonskerm knipper elke halwe sekonde; Die lamp behoort oor 2 weke vervang te word.
- Vanaf uurposisie 0168; vertoonskerm knipper elke ¼ sekonde; Die lamp behoort oor 1 week vervang te word.
- By 'n uurposisie van 0000; bly die syfers vinnig knipper en sal die teller nie meer verder terugtel nie. Die lamp behoort vervang te word.
Demontering/instandhouding
Ontkoppel steeds die kragtoevoer voor instandhouding/demontering van die toestel. Die toestel moet 2 maal per jaar gereinig word.
Wanneer die algegroei en/of kalklaag toeneem, moet die kwartsglasbuis (M) waarin die lamp sit, skoongemaak word. Die spesiale lamp
moet na uiterlik 9.000 brandure vervang word. Maak die vlekvryestaal binnewerk met 'n sagte borsel skoon.
1 Draai die driedelige koppelings (I) los en laat die water uit die toestel stroom.
2 Skroef die skroefring (N) los en koppel die lamp (K) los van die lamphouer(L). Haal die lamp uit die kwartsglas en vervang indien nodig die
spesiale lamp (K). Versigtigheid word aanbeveel aangesien dit baie breekbare onderdele betref.
3 Verwyder versigtig die kwartsglas (M) d.m.v. 'n groot plat skroewedraaier (sien tekening 3). Moet dit nooit forseer nie!
4 Maak die kwartsglas skoon met 'n geskikte skoonmaakmiddel. Gebruik altyd 'n sagte lap om die glas skoon te maak om krapmerke te
voorkom.
5 Wanneer u die kwartsglas terugplaas in die houer, maak seker die 3 afdigtingsringe (P) is in die korrekte posisie en skuif die uiteinde van
die kwartsglas versigtig in die ontvangsgids (Q) (sien tekening 4). Moet dit nooit forseer nie!
6 Plaas die lamp versigtig terug in die kwartsglas en koppel die lamp(K) aan die lamphouer(L). Draai die skroefring (N) terug op die omhulsel.
57

Publicidad

Tabla de contenido
loading

Este manual también es adecuado para:

Uv-c timer 75.000

Tabla de contenido